10 Beloftes van God in die Bybel

Saamgestel deur Kruispad-redaksie

God se kinders kan staatmaak op sy beloftes. Kruispad kyk na 10 beloftes wat God in die Bybel aan gelowiges gee.

Die evangelie is die belofte van onverdiende genade aan gebroke en wrede mense. Die wonder van die evangelie is dat die Here goedheid en guns aan ons betoon, sonder dat ons enigsins iets gedoen het om sy guns te wen! Lees deur hierdie beloftes en gryp dit met albei hande vas; glo dat die beloftes in Jesus Christus ook vir jou bedoel is, want “hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons” (2 Korintiërs 1:20, 1953-Vertaling).


1. God belowe deel aan sy Goddelike natuur

Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.

2 Petrus 1:4


2. God belowe rus

Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.

Matteus 11:28-29


3. God belowe krag

Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

Jesaja 40:29-31


4. God belowe om te voorsien in ons behoeftes

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.

Filippense 4:19


5. God belowe dat ons nie hoef te vrees nie

… maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.

Spreuke 1:33


6. God belowe sy vrede

Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

Johannes 14:27


Voorwaardelike en onvoorwaardelike beloftes
God maak voorwaardelike en onvoorwaardelike beloftes met sy volk. Daar is talle beloftes met voorwaardes. Dit beteken dat daar iets is wat jy van jou kant af moet doen om dié belofte jou eie te maak. Onvoorwaardelike beloftes kry ons net uit genade. Dink maar aan God se belofte dat Hy ons verlos en heilig maak – dit is ’n onvoorwaardelike belofte wat stel dat God ons verlos, selfs toe ons sy vyande was.


7. God belowe redding

As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Romeine 10:9


8. God belowe vergifnis

Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

1 Johannes 1:9


9. God belowe sy genade

Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

Romeine 6:23


10. God belowe die ewige lewe

Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees

Openbaring 21:7


Jy sal ook hou van ...

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui